Bou jou eie MAS

From CTWUG Wiki

Jump to: navigation, search
  • Hier is 'n plan om jou eie 6M, 9M, 12M of 15M mas te bou.
  • Ek het die by PTAWUG gesteel, nie self gedoen nie.
  • Sweislaste moet behoorlik gesweis wees.

Contents

Mas Planne


Basis van die mas

Onderste gedeelte van mas

Kompleet onderste gedeelte

Middelst en top gedeelte van mas

Kompleet middelste en top gedeelte

Kompleet mas
  • Planne is opgetrek duer Corrie Botha
  • IRC Name: Corrie

Staal benodighede vir 15M mas soos vir WL se mas

No Type Length QTY/6M Prys/6M SUB Tot
1. 76x38x5 U channel 6M 1 R 329.00 R 329.00
2. 40x40x5 angle iron 1.8M 1 R 165.000 R 165.00
3. 48.2 x2 round tubing 45M 8 R 129.01 R 1 032.08
4. 19 x 1.6 round tubing 120 22 R 44.01 R 968
5. 16mm x1M threded rods galvenised 6M 6/1M R 43.65 R 261.90
6. M16 nuts galvenised M16 18 R 1.25 R 72.00
7. M10x65 botls en nuts galvelised 65mm 72 R 2.36 R 220
8. 2.5mm vitemax welding rods 2.5mm 5kg R 324.94 R 324.94
9. 12" cutting discs 300mm 2 R 37.95 R 75.90
10. 42 x 2 round tubing 3.6 1 R 140.95 R 140.95
TOTAL COST R 3 589.77

Pryse is by Alert build gekry op 27 Januarie 2010

Sny lys

No From Length Qty
1. 76x38x5 U Channel 900mm with 90deg edges
3
2. 76x38x5 U Channel 530mm with 90 deg edges
3
3. 16mm threaded rods 705mm with 90 deg edges
6
4. 40x40x5 angle iron 200mm with 90 deg edges
4
5. 40x40x5 angle iron 238mm with 90 deg edges
2
6. 48mm round tubing 3000mm with 90 deg edges
15
7. 19mm round tubing 500mm with 90deg edges
90
8. 19mm round tubing 680mm with both edges 90 deg flattened on both sites
90
9. 19mm round tubing 270mm with 90 deg edges flattend on one side
35
10. 19mm round tubing 34mm with 90 deg edges
32
11. 42mm round tubing 400mm with 90 deg edges
16

BOU VAN MAS


900mm en 530mm U channel.

Sweis die kort gedeelte in die middel van die 900mm vas.

Bou 3 van hulle.

Sny nou die uprights van die 50mm angle iron.

Let op om die hoekie uit te sny van die 2 langer stukke.

Boor 11mm gate 50mm en 150mm van die bo punt af.

Sweis die 4 uprights op die lang U channel vas 500mm uitmekaar met 50mm spasie vir die mas se pale.

Boor 16mm gate langs die uprights vir die threded rods.

Sny nou die 16mm threded rods tot 705mm.

Draai die nuts tot in die middel van die treded rods.

Sit die middleste T piece oor die threded rod en draai nuts op die punte 35mm in.

Sit die boonste T piece oor die rods en draai dit vas ment die nuts. Tel die hele sul op die onderste T piece en sweis die rods vas op die onderste en middelste T piece vas.

Sweis die voorste uprights vas op die kort gedeelte van die T piece.

Die base van die mas is nou klaar gebou.

Die base van die mas uit 'n ander hoek.

Haal die boonste dedeelte van die base af en plaas 2 48mm pale in posiese.

Kry die pale presies haaks en begin van bo af die dwars pale vas sweis.

As al die dwars pale vas is tel hom regop om die 3de paal in te sit.

Sweis eers die onderste 2 dwars pale vas aan die mas. Swies dan die middelste dwars pale vas en sit die 3 maspaal op.

Nou kan die res van die dwars pale opgesit word.

Swies nou die skuins pale op. Let op dat dit almal in die selfde rigting moet wees.

Nou kan die trappies opgesweis word op die kant vat die mas sal platle.

Sny nou 35mm stukkies van die 19mm tubing.

Sny 400mm van die 42mm tubing en boor gat 50mm van kant af. Druk pypies in die pyp in.

Kry die pypie oor die gat en sit 'n 10mm bout in om hom op sy plek te hou.

Swies nou die pyoie binne die 42mm pyp vas. Slegs die 2 buite kante van die pyp kry die versterkings in.

Boor 10mm gat 150mm van die bopunt van die mas seksie.

Sit die 42mm pyp binne die 48mm pyp en skroef hom vas. Boor nou 10mm gat 50mm van bo punt af en sit die bout vas.

Maak al 3 punte so en sit dan 2 pale oor die koppelstuk.

Line die pale presies op met die onderste gedeelte van die mas en sweis dan die dwars pale op.

Sit noe die 3de paal op en sweis die bwars pale aan hom vas.

Boor die gate 100mm uitmekaar en maak dit vas.

Die mas moet behoorlik opgeline wees voordat die skuins pale opgeweis kan word.

9 Meter sover van onder af gesien

9 Meter al gebou. Van bo af gesien








Die 3M mas seksies

Die volledige mas.

So lyk die mas as hy regop staan

So lyk die mas as hy regop staan

Comments of Vrae

  • Wat is die onkostes? Kan iemand dit bepaal?
    • Kyk na die pryslys bo. Die kostes sal ongeveer R4000 wees vir 15Meter.
  • Watse verf en hoeveel daarvan sal julle voorstel?
    • 5L red oxide en 2.5L silwer spray.
Personal tools